|
Gert moes
egter sy eie ding begin doen toe die jongklomp in alle rigtings
uitmekaar begin spat.
1995 was die begin van baie groot
dinge vir Gert, ondermeer het hy pa geword, sy eie
besigheid begin en sy eerste kamerkonsert aangebied in
Pretoria. Die repartorium was maar meestal Koos du
Plessis en so een of twee van sy eie liedjies. Cat
Stevens en Don McLean was ook 'n invloed, maar Gert se
groot liefde het toe al by Afrikaans gelê.
In 1997 lewer hy 'n baie suksesvolle 3-aande vertoning,
getiteld "Herinneringe aan Koos du Plessis" in die
destydse 'Teaterhuisie' van Carel Tichardt in Sunnyside,
Pretoria. Karla du Plessis het, sonder dat hy vooraf
daarvan geweet het, ook na een vertoning kom kyk en het
na die vertoning na hom toe aangestap gekom en gesê: 'Dis
die mooiste wat ek iemand nog my pa se goed hoor sing
het!'
Gert het maar so elke 3 tot 4 maande 'n konsert iewers
gehou tot in 2001 toe hy skielik weens 'n rugbybesering
nie meer die aflewerings van sy voerebesigheid kon
behartig nie. Hy het noodgedwonge iemand aangestel en
sit toe skielik met hope tyd om te spandeer aan sy
eintlike groot liefde, musiek.
Sedertdien het Gert talle nuwe liedjies geskryf en tree
hy 4 keer per week by vaste gigs in Pretoria en Cullinan
op. Sy eerste CD het ook Desember, 2003 die lig gesien
en hy het reeds meer as 1300 CD's by sy vertonings
verkoop
Gert is vinnig besig om in die Afrikaanse
musiekliefhebbers se harte in te kruip met sy unieke
styl van eenvoudige, dog diep liriekgerigte musiek!
Hierdie kunstenaar is passievol oor sy musiek, taal en
mede-homosapiens en nooi jou uit na hierdie eiesoortige
aanbieding van klank, taal en emosie wat in Afrikaans,
Hollands, Frans en Engels aangebied word! |