Waar die antwoord lê

Waar die antwoord lê
Musiek, kitaar en sang deur Gert Bekker


Ons leef so oop en tog so toe.
Ons wil so graag weet hoe die lewe loop,
maar weet nie altyd hoe.

Ons probeer die heeltyd besig bly,
Om ons gedagtes van die wipplankry te bevry.

Dan is ons hoog en dan weer lag
En sodra ons stilraak, kom die vrae
Weer in ‘n vlaag.

 


So sal ons die deure sluit
Of ons dit waag om onsself
Bloot te stel as buit vir elke plaag.

   
 

Maar nou is dit eers weer tyd
Om die deure dig te sluit,
Sit die hekke op slot en laat
Jouself oor aan die lot.

Wat is tyd en wat kan ons daarvan bevry?
Sal dit help om altyd besig te bly?

Is dit nie vreemd hoe ons tog die antwoord het
Tog bly ons traag om ons daarin te behaag.

Te behaag

Te behaag

Dat die antwoord daarin lê:
Op ons knieë langs die bed.

 

 
   
 

>> www.bitmatrix.co.za