Hemel vol blou akkers

Hemel vol blou akkers - Lirieke: Ingrid Jonker
Musiek: Anton Goossen


Plant vir my 'n akkerboom sodat ek my gestalte kan herken en dat die konyntjies hulle akkers kom begrawe
Gee vir my 'n hond met pote wat ek kan soen
Snags as jy slaap, toornig en goed

Moenie dat hulle my boom afkap nie
Ontwortel, vergruis, versplinter nie
Gee hom 'n hemel vol blou akkers
Moenie dat hulle my boom afkap nie
Ontwortel, vergruis, versplinter nie

Gert Bekker - "Dis die Girl"
Katalogus Nommer : RR 056
Kontak my gerus by bekkergert@yahoo.com
of gaan koop die CD in die winkel.

Gee hom 'n hemel vol blou akkers
Gee hom 'n hemel vol blou akkers
Gee hom 'n hemel vol blou akkers

   
 

Maak vir my 'n oop huis sodat my vensters
die dag ontdek
Groen of goud of grys, maar wel geskape
Gee dat my hond my liefhê
laat ek hom te vrete kan gee
As jy slaap verby die sterre en spieëls van my voorkop

Moenie dat hulle my boom afkap nie
Ontwortel, vergruis, versplinter nie
Gee hom 'n hemel vol blou akkers
Moenie dat hulle my boom afkap nie
Ontwortel, vergruis, versplinter nie
Gee hom 'n hemel vol blou akkers
Gee hom 'n hemel vol blou akkers

 

 
   
 

>> www.bitmatrix.co.za