CD's & DVD's

Gert Bekker - "In 'n blik gedruk"  
Verspreiders - Select Music Distribution  

In 'n blik gedruk - voorkant

In 'n blik gedruk - agterkant

   

CD's kan aanlyn gekoop word by www.rhythmonline.co.za

Snitte op "In 'n blik gedruk"
1. Lig
2. Dream wave
3. Teuels van die tyd
4. Sluipmoord
5. Winter
6. Geduld
 

7. La femme
8. Cullinan
9. Gat-oor-kop verlief
10. Naweekpappa
11. Mooikrans
12. Wiekie

Gert Bekker - "Dis die Girl"
Katalogus Nommer : RR 056
Kontak my gerus by bekkergert@yahoo.com of gaan koop die CD in die winkel.
Gert Bekker - "Waar die antwoord lê"
Kontak my gerus by bekkergert@yahoo.com om die CD te bestel.
Snitte op "Dis die Girl" Snitte op "Waar die antwoord lê"

 

1. Miere
2. Vrou so na my Hart
3. Girl
4. Vroeër Jare
5. Skielik is jy vry
6. La chanson des Vieux Amants
7. Atlantis in jou lyf
8. Hemel vol blou Akkers
9. Kruispad
10. Waar sand en see ontmoet
11. Ek mis dit so
12. Door de Wind
13. Ne me Quitte pas
1. Ne me quitte pas
2. Vrou so na my hart
3. Waar die antwoord lê
4. Waar die sand en see ontmoet
5. Is dit nu later
6. Kaarthuisies
7. Toe ek vanoggend my oë oopmaak
8. Ida
9. Werner
10. Trauma van die dood
11. Door de wind
12. Skielik is jy vry
13. Halfweghuis
14. Ek mis dit so
15. Kaalvoetkinders in die reën
AGTERGROND OOR MY EIE LIEDJIES & LIRIEKE  

Soms gebeur dit dat van die mooiste musiek in enige land en taal nooit kommersiële blootstelling kry nie. Óf die skrywer daarvan is onbekend aan die breë publiek, of dit verdwyn tussen die massas ander kommersiële vrystellings.
Met die samestelling van hierdie CD het uitvoerende vervaardiger Albert du Plessis, musiekale regisseur Mauritz Lotz en Gert Bekker besluit om sulke juwele uit die skatkis van ligte rock en kabaret te gaan opsoek en met vars en toeganklike musiekale verwerkings aan te bied. 'n Breë verwysingsraamwerk is gebruik. Taal is byvoorbeeld geen grens nie en Gert Bekker sing ewe gemaklik in Afrikaans, Frans en Flaams.

Die openingsnit, "Miere", is 'n toeganklike moderne pop nommer, meesterlik geproduseer deur Mauritz Lotz, wat al die musiekale verwerkings vir die CD gedoen het. Snit nommer 3, "Girl", is weer 'n ligte rock nommer met 'n verslawende refrein, geskryf deur Myburgh Grobbelaar nadat sy verloofde hom in die openbaar en op TV afgesê het terwyl sy haar tyd uitgesit het in die "Big Brother" huis. Gert Bekker se eie komposisie "Vrou so na my Hart" (snit no. 2), word reeds op RSG se speellys gehoor.

Gert Bekker het die afgelope paar jaar veral in restaurante en klein teaters in die Pretoria omgewing bekend geword vir sy veelsydige eenman vertonings. Hierdie is Gert Bekker se eerste kommersiële vrystelling. Gert werk op die CD en op die verhoog saam met van Suid Afrika se top musiekante. Mauritz Lotz is musiekregisseur, Denny Lalouette op baskitaar, Bruce Wallace op dromme en Jaconel Vey op klawers.

 
   
 

>> www.bitmatrix.co.za