Ida, jou rabbedoe
Beminde meisiekind
Jy maak jou ogies toe
As ons hardloop in die wind
Druk jou koppie teen my skouer vas
Laat die lagtraantjies jou wange was
Refrein:
Jy laat ons lag en swaai
Jy laat die aarde draai
Jy laat ons vreugde vind
Laat ons huppel soos ‘n dwarrelwind
En as die aand aanbreek
Wil jy tog net niks weet
Van bed toe gaan en storietyd
Te min tyd vir so veel jolyt
Druk jou koppie teen my skouer vas
Laat die lagtraantjies jou wange was