| |
|
| |
|
| |
|
| |
Ek mis dit so
|
 |
Ek mis dit so
Skryfster: Zelda de Wet
Kremetarte roep my altyd terug
Waar hul takke gryp na laaste lig,
Silhouette teen die middag-rooi, is so ongelooflik mooi,
So ongelooflik mooi
En ek mis dit so
Ja, Ek mis dit so
Ek mis dit so
|
|
|
Wildspoor verdwyn in goudgeel gras
Dit vang my oog en gryp my vas
Die tarentaal se roep-roep lok vir my
Ja, sy vryheid koggel my
Sy vryheid koggel my |
|
|
|
|