| |
|
| |
|
| |
|
| |
Trauma van die dood
|
 |
Trauma van die dood
Musiek, kitaar en sang deur Gert Bekker
Wat is die lewe,
Onvoorspelbare toneel
Waarin elkeen van ons
Sy eie rol moet speel.
As kind lyk dit so eenvoudig,
So eenvoudig soos die gesig
Van ‘n pa en ‘n ma wat altyd daar is
En nooit voor jou swig.
|
|
|
Maar hoe verder die toneel vorder,
Met intrigues, hartseer en mooi,
Hoe komplekser word die volgorde
Van die tuimelinge waarin die lewe ons gooi. |
|
|
|
|
| |
|
 |
Die eenvoudige pa-gesig van kleintyd, so mooi.
Word skielik ‘n duet- of dalk kwartetgesig,
Geparasiteer deur gryshaar en plooi.
Die feetjie-mooie ma gesig
Van elke kind se droom,
Se sluier word ook weggeruk
En word deel van die idiom.
Dis die lewe, dis die lot
En dieselfde wurmkop
Wat die droomgesig so wegvreet,
Laat jou alleen in ‘n warboel
Van weet. |
|
|
|
|
|
|
|