Vrou so na my hart

Vrou so na my hart
Musiek en lirieke deur Gert Bekker


'n Vrou so na my hart:
Dit was laat herfs in Mei, 2003. My vrou, Liesel was net vir die dag stad toe. Sy het pas gery en ek het alleen in die sitkamer gaan sit en koffie drink. Die alleen-gevoel,saam met die pragtige herfstoneel wat ek deur die sitkamervenster sien afspeel het, het my opnuut laat besef hoe lief ek vir Liesel is.

 




Die blare val, die bome word kaal
Di's diep in Mei-maand, die seisoen is laat
Ek dink aan jou en my hart word blind,
Waar sal ek jou weer vind?

   
 

So neem my hand en vat my saam
Ek sal jou volg tot by die maan
Ek het jou lief, jy is 'n vrou so na my hart, so na my hart

Die houtvloer kraak onder elke tree
Ek stap die gang af op soek na jou
Ek kry jou reuk by elke deur,
maar waar sal ek jou weer vind?

Maar jy is hier al is jy ver
Ek kan jou stuur na die verste ster
Want jy bly trou
Jy is 'n vrou so na my hart, so na my hart

So neem my hand en vat my saam
Ek sal jou volg tot by die maan
Ek het jou lief, jy is 'n vrou so na my hart, so na my hart

 

 
   
 

>> www.bitmatrix.co.za